Boek vir Mel
Boek Mel as
Komediant
“Om by ‘n Mel show te wees is soos om by jou skreeusnaakse vriendin te kuier en al haar stories te luister!” Mel die Storieverteller se komiese vertoning is perfek vir mans en vroue, maar nie geskik vir kinders onder die ouderdom van 14. Om ‘n vertoning te kan boek moet u lokaal aan sekere vereistes voldoen.
Boek Mel as
Spreker
Met ‘n oorhoofse vroulike gehoor is Mel perfek vir ‘n damesoggend, Ma-en-dogter tee of ‘n vrouedag. Haar praatjies is verfrissend, bemagtigend, komies en slat raak.
Temas:
Ma en Dogter Oggende Spreker Tema:
Twee Generasies, Een Wi-Fi Password:
Die krag van moderne kommunikasie tussen ma en dogter.
Dames Oggend Spreker Tema:
Chaos is Gratis:
Maak jou eie Reëls en Herskryf die Spel
Boek Mel as
Seremoniemeester
Bekend vir haar oppie-voete-dink en skerp sê-goed is Mel die Storieverteller die perfekte Seremoniemeesteres om bietjie lag by ‘n aangeleentheid te sit. Sy is mede aanbieder van die Aitsa’s 2024, PaarlbergFees 2025 en vele skole byeenkomste.
Ongelukkig tree sy nie op as M.C. by troues nie.