Millie en Markie het twee heeltemal verskillende idees van ‘n stranddag. Millie wil rustig stories lê en lees op haar handdoek en mooi foto’s neem langs die branders. Terwyl Markie alles vol sand skop en branderplank ry tussen die golwe. Gaan hierdie twee ‘n manier vind om die dag saam te geniet of moet
mamma weer heeldag vredemaker speel?
‘n Prettige rymende kinderstorie oor die haat-lief verhouding tussen boetie en sussie.
“Millie beplan ‘n lekker dag by die parkie, wie moet saam is haar jonger boetie Markie.
Sy is baie lief vir hom, meeste van die tyd, maar nie as hy haar terg of met sy watergeweer spuit.”
‘n Oulike rymende storie oor die haat-lief verhouding tussen broer en suster.
Karel is vreeslik koddig. Hy trek lawwe gesigte en doen vreemde dansies dat sy dennenaalde so skud en ruk. As Karel, die koddige kersboom, nie hierdie kersfees deur ‘n familie gekoop word nie gaan hy opeindig as braaihout. Dinge lyk wel nie asof dit in sy guns afspeel nie…
Mel se eerste self-gepubliseerde Afrikaanse kinderstorieboek is vol avontuur, onverwagse karakters en verbeeldingryke reise deur Suid-Afrika. Spring saam met Amadeus in sy Skiptuig en vlieg deur storms, oor berge en strande om by Tafelberg uit te kom, wel, hopelik daar uit te kom…