meldiestorieverteller

Almal is MAL! spring uit die pen van skrywer, komediant en sosiale
media sensasie, Mel die Storieverteller.

Die debuut vertoning verkoop uit by die Atterbury teater en is ‘n
reuse sukses onder die 400 gehoorlede wat skater van die lag.
Vinnig vat die vertoning vlam en nou toer Mel reg oor Suid-Afrika
om komiese verligting te saai.

Die komiese teks vertel van Mel se ervaringe in Londen as ‘n 21-jarige
konserwatiewe meisie en hoe sy vinnig besef het dat almal in die
wêreld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander).
Mel deel humoristiese staaltjies oor die drie wesens saam wie sy ‘n
kamer moes deel, hoekom sy matte bo teëls verkies en die vier vlakke
tydens ‘n huis partjie. Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa,
aan ons voor.

Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Daar is ook altyd plek vir ‘n
bietjie gehoor interaksie en geselsies.

Geen onder 16s.

Vertoning duur: 60 minute (geen pouse)

Vertonings Vanaf:

Maart

2023

Totale

Vertonings

43

Shopping cart0
There are no products in the cart!
Continue shopping
0