meldiestorieverteller

SHOW

Available in Afrikaans

COMEDY SHOW

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue).

In haar derde komiese een vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook. Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.

Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!

SPEAKER TOPICS

Available in Afrikaans and English

WOMEN’S EVENT

In haar kenmerkende styl van eerlikheid, humor en storievertelling bring Mel die Storieverteller vir ons: “Chaos is Gratis” – ’n verfrissende kyk na die lewe van ‘n vrou en hoe om in die middel van absolute chaos jou eie reëls te begin skryf. Want wie het nou anyway die reëls vir die vrou geskryf en hoekom volg meeste van ons dit blindelings?

Ȇrens tussen vuil wasgoed, werk WhatsApp groepe, opgemaakte reëls, verhoudingsdrama en ‘n side hustle is ‘n vrou wat net wil wees wie sy is! ‘n Vrou wat moeg is vir ‘jy moet’ en reg is vir ‘ek kies’. Die druk ‘to have it all’ kom van alle kante; kontrasterende advies en opinies van hier en daar maak ons meer deurmekaar as ooit. Of jy nou vasgevang voel in verwagtinge of moeg is vir perfek speel, dit is tyd om die spel se reëls te verander.
Chaos mag gratis wees… maar jou vrede en jou waarheid is prysloos.

MOM & DAUGHTER

Twee Generasies, Een Wi-Fi Password

Die krag van moderne kommunikasie tussen ma en dogter. 

In ‘n wêreld waar tegnologie en tradisionele rolle in die samelewing vinnig verander en die gaping tussen generasies soms wyd voel, kan ma en dogter steeds ‘n hegte band handhaaf – al praat die een in e-posse en die ander in memes. 

Mel die Storieverteller se toespraak “Twee generasies, een Wi-Fi password lewer ‘n verfrissende en humoristiese blik op die verskille tussen ma’s en hul dogters. Met ‘n perfekte mengsel van lag, waarhede en liefde, ontbloot hierdie toespraak hoe albei generasies – ten spyte van hul verskille – steeds op dieselfde Wi-Fi netwerk gekonnekteer kan bly. 

Toespraak is geskryf onder leiding van Dr. Chaland van Zyl (opvoedkundige sielkundige) stigter van TeenMinds SA.  

Booking Form

Inhouse Sound
Inhouse Sound Engineer
Inhouse Lighting
Inhouse Lighting Engineer
Stage
Backstage Area
Have you hosted shows before?
Client Name

Please include all relevant details when submitting your enquiry. Incomplete information may delay our response.

Shopping cart0
There are no products in the cart!
Continue shopping
0