
Mel die Storieverteller is a South African comedian and writer from Middelburg, Mpumalanga. Growing up across from the school sports fields and a playpark frequented by delinquents, she learned early to observe life’s chaos—and tell everyone, in detail, about the shenanigans in the neighbourhood (mostly her family).
A recovering overachiever, Mel received a full bursary to study something fancy but decided to not listen to anyone’s advice and enrolled into the Theatre Department at the University of Stellenbosch. Then spent her twenties doing everything from bartending and teaching to coaching hockey and face painting (because that’s what you do with a Drama degree). She’s lived everywhere from London to Dubai, China to Rawsonville, gaining a sharp eye for human behaviour and a knack for turning awkward, real-life moments into hilarious captivating stories.
Her comedy is brutally honest, slightly unhinged, and has earned her over 500,000 online followers. Mel can turn a trip to a furniture store into a three-act emotional rollercoaster. It’s like visiting a friend who overshares and spills the tea—generously seasoned with exaggeration.
She is Netwerk24’s Influencer of the Year 2026 and Huisgenoot’s TikToker of the Year!
Her first show, Almal is Mal!, debuted on 2 May 2023 to a sold-out audience at the Atterbury Theatre. In 2024, Mel kicked off the year with a brand-new comedy show, Dik Deurmekaar, which drew record-breaking crowds at Innibos. The buzz spread so far that Mel flew all the way to New Zealand for her first international tour (let’s just say the South Africans in Australia were not too happy she didn’t stop there as well).
This funny lady has a deeper side; she addresses life’s struggles and firmly stands for women empowerment and justice. Becoming a sought-after keynote speaker at events. voor ‘n uitverkoopte gehoor by die Atterbury Teater in Pretoria. In 2024 skop Mel die jaar af met ‘n nuwe komiese vertoning ‘Dik Deurmekaar’ wat rekord gehore lok by Innibos – die nuus het so ver versprei dat Mel Nieu Seeland toe vlieg vir haar eerste internasionale toer (kom ons sê maar net die Afrikaners in Australië was baie kwaad dat sy nie daar ook gestop het nie).
Overall, Mel is a pleasure to listen to, naturally funny and authentically real.

Mel die Storieverteller is ’n Suid-Afrikaanse komediant en skrywer van Middelburg, Mpumalanga. Sy het grootgeword oorkant die skool se sportvelde en ’n speelparkie vol stouterts wat kattekwaad aanvang. Van jongs af is sy ‘n kranige observeerder van die lewe se chaos en begin vroeg om aan almal, in detail, die gebeure van die buurt oor te vertel (Meestal aan haar familie).
In matriek ontvang Mel ’n volle beurs om iets “fancy” te studeer, maar besluit toe om nie na iemand se advies te luister nie en skryf in by die Universiteit van Stellenbosch se Drama departement. Sy spandeer haar twintigs in vele beroepe van kroegdame tot onderwys en gesiggiesverf in winkelsentrums tot hokkie afrig (want dis wat jy doen met ’n drama-graad). Mel het al oral gebly van Londen tot Dubai en China tot Rawsonville. Haar vele lewenservaringe voorsien ure se materiaal wat omsit word in boeiende stories.
Mel se komedie is eerlik en effens mal. Haar komiese aanlyn videos en sosiale media persoonlikheid besorg haar met meer as 500,000 volgelinge. ’n Vinnige besoek aan ’n meubelswinkel kan omskep word in ’n drie-gang rollercoaster rit. Om na Mel te luister is soos om by jou skreeusnaakse vriendin te kuier, die een wat oordryf en bietjie overshare.
Op die verhoog is Mel energiek en vol verrassings. Gehore kan liedjies, stories met draaie en hoë lugskoppe verwag. As jy in die voorste rye sit, wees voorbereid.
Mel maak die mense (van jonk tot oud, mans en vroue) lê van die lag, maar inspireer ook as spreker by aangeleenthede. Sy is daai nuwe vars bries in komedie – oorspronklik, energiek en net lekker om na te luister.
Mel se Comedy Shows